Tuesday, 30 July 2013
Wenke oor Ink
Ink
•Strooi dadelik sout oor ink wat op wit materiaal gemors is vryf met ‘n suurlemoen daaroor. Spoel die materiaal dan dadelik af en was soos gewoonlik.
•Gebruik brandspiritus, alkohol of haarspoei om Balpunt pen ink-kol te verwyder. - Sit die gevlekte materiaal op ‘n droë stuk watte. Deurweek nog ‘n stuk watte met brandspiritus of bensien en dep dit aan die vlek. Herhaal met ‘n skoon stukkie watte tot die vlek uit is. Spuit haarsproei aan die vlek en dep met skoon stukkies watte.
•Om ink van ‘n balpuntpen uit klere te haal: Drup Lennons Witdulsies op die merk en was soos gewoonlik
•Gebruik naellakverwyderaar om viltpenmerke van jou vel te verwyder.
•Vryf botter op die vlek en was die kledingstuk of vryf dit skoon met ‘n lap wat in baie warm water geweek is. Jy kan ook eau-de-cologne of tandepasta gebruik.
•Ink uit tapyte te haal. - Neem karringmelk en ‘n skoon lap. Gooi karringmelk op die ink en druk op met die lap totdat die ink uit is. Was dan die plek met warm water en ammoniak.
•Merkersink - Ink waarmee goedere gemerk is kan afgehaal word deur dit met ‘n papierhandoek wat in alkohol gedoop is te vryf