Tuesday 30 July 2013

Ria se Oondpan Koek



OONDPAN TJOKLIT KOEK.. MARIA – WAT ‘N ONGELOOFLIKE LEKKER RESEP! Hello tjoep en pakkerasie op die heupe!!!


Begin deur jou oond op te warm tot 180˚.

Spuit jou oondpan goed en sit eenkant…

Hier kom die bestandele en hoe julle moet maak.

750ml (3 koppies) koekmeel 20ml (4 teelepels) bakpoeier 500ml (2 koppies) suiker 5ml (1 teelepel) koeksoda 80ml (1/3 koppie) kako knippie sout.

Meng die lot hier bo alles in een bak.

Vat nou ‘n ander bak/ of beker… en meng die volgende daarin.

500ml (2 koppies) kookwater 250ml (1 koppie) kookolie 10ml (2 teelepels) vanilla geursel 50ml (1/5 koppie) with asyn

Dan maak jy so.

Gooi nou die vloeistof mengsel by die droë bestandele en meng alles goed saam sommer met ‘n vurk. Krap maar die kante af om seker te maak als is goed gemeng.

Gooi dit in jou oondbak en plaas dit op die middelste rak van jou oond en bak dit vir 20minute.. of toets maar met ‘n sosatie stokkie tot dit skoon uitkom.

Terwyl jy nou wag meng jy gou die versiering wat bo oor gegooi word terwyl dit warm is… en jy maak so

125g goeie margarine of botter

375ml (1 ½ koppies) versiersuiker 15-30ml (1-2 eetlepels) kakao … sif maar die twee goedjies saam want dan verhoed jy klontjies. 1 teelepeltjie vanilla geursel.

Klop daai botter/margarine tot dit roomerig is.. en voeg dan die versiersuiker stadig bietjies vir bietjies by terwyl jy aanhou klits.. Voeg jou vanilla geursel by.

Sodra jou koek gaar is en uit die oond kom, smeer jy hierdie versiersuikermengsel bo oor… en los hom dat hy afkoel (as jy die wilskrag het). Eet en geniet hom want glo my.. ek het lanklaas so ‘n lekker tjoklit koek ge-eet. En vir hierdie resep sê ek baie dankie aan Maria, my buurvrou van 30 jaar…

O net nog iets.. jy bedien hom sommer so uit daai oondbak uit hoor.

O en NEEEEE daar kom GEEN eiers in nie!