Wednesday 17 July 2013

Tuisgemaakte Roomys - Kêrels wat Kook




Nagereg
1 Liter volroom
2 Blikkies Kondesmelk
10ml Vanilje geursel
1 Koppie aarbeie opgesny
1 Koppie bloubessies
1 Blikkie granadilla pure
Ingelegte kersies
Wafers

Klop die room tot dit styf is.
Voeg dan die 2 blikkies kondesmelk by asook die vanilje geursel.
Klits die mengsel dan goed sodat mooi gemeng is.
Plaas in vrieskas vir 8 ure.
Bedien die volroom roomys met arbeie en bloubessies.
Die granadilla pure bo oor sal 'n betowerende maak aan die roomys gee.
N Kersie en wafer vir die afronding vir 'n smaaklike nagereg