Wednesday 17 July 2013

FRAMBOOS-EN-GRENADELLA-CHINCHILLAS





FRAMBOOS-EN-GRENADELLA-CHINCHILLAS

Baie lekker, maar baie eenvoudig om te berei: geklitste eierwitte en suiker word in 'n diep bak gebak, uitgekeer en opgedien met 'n hand vol sagte vrugte en vla uit 'n kartonnetjie.

Bestanddele

25 g/ 2 e sagte botter
5 eierwitte
150 g/ ¾ koppie strooisuiker

2 grenadellas
675 g/ 6 koppies vars frambose
250 ml/ 1 koppie lae vet, voorafbereide (gekoopte) vla uit 'n kartonnetjie
afgeroomde melk, soos benodig
versiersuiker om mee te bestuif

Metode
Voorverhit die oond tot 180 *C. Verf 'n sigbare laag botter met 'n kwas in 4 x 300 ml- souffle-bakkies (ramekins).
Klits die eierwitte in 'n mengbak tot ferm. (Jy kan 'n elektriese klitser gebruik.) Voeg die strooisuiker, bietjies-bietjies by en klits tot 'n ferm meringue-bestandheid.
Halveer die grenadellas, skep die pitte uit met 'n lepel en vou in die meringue-mengsel.
Skep die meringue uit in die vier voorbereide bakkies, plaas hulle in 'n diep braaipan wat halfvol kookwater is en bak vir sowat 10 min. tot ferm.
Keer die chinchillas uit op afsonderlike borde.
Skep die vars frambose bo-op die chinchillas. Verdun die vla met 'n bietjie afgeroomde melk en giet rondom die chinchillas. Bestuif met versiersuiker en dien warm of koud op.