Wednesday 17 July 2013

Lamsboud, aartappels en slaai - Kêrels wat Kook




Lamsboud 1kg Lamsboud
100ml Bruin asyn
5ml Suurlemoen sap
25ml Blatjang
2 Teelepels braai speserye
Braai sout
Peper

Roosmaryn blare en takkies
Oreganum
Uie stukkies
Opgekapte Knoffel

Maak gaatjies in die boud en druk uie en knoffels regoor die lamsboud in.
Roosmaryn blaar stokkies kan ook in die boud gedruk word maar moet uitgehaal word tydens bediening.
Meng dan die asyn, suurlemoen sap en Worcester sous met die braai speserye, peper, roosmaryn en
oreganum.
Smeer die lambsboud met die mengsel.
Plaas in oond teen 180 grade vir 70min en sit roosmaryntakkies weerskante van die lamsboud vir
geur.
Sodra 20 minute verby is kan braai sout oor die boud gesprinkel word.
Voeg die blatjan by die oorblywende mengsel en verf die boud elke 10 minute na 30 minute verby is.
Na 70 minunte kan die oond na 220 grade verander word vir so 8 tot 10 minute.
So sal die lamsboud dan 'n lekker braaismaak te kry.

Aartappels
2 koppies baba aartappels
20ml Botter50g Grasuie

Kook aartapples tot dit sag is en dreineer.
Plaas terug op die selfde stoofplaat maar sonder dat dit aangeskakel is.
Voeg botter en versnipperde grasuie by en plaas deksel op.
Die botter sal dan self smelt in die pot wat stadig afkoel.
Skud die pot geduurig sodat die botter en grasuie oor die aarteppels meng.
Bedien 15min later met gestoomde baba wortels

Slaai

Gemengde slaai met feta kaas en gespruite bone

Slaaisous

100ml Bruin asyn
20ml Heuning
15ml Bruin suiker
Meng al die bestandele saam tot suiker opgelos is en bedien.