Tuesday 16 July 2013

Suurlemoen-en-mosterdmayonnaise




Suurlemoen-en-mosterdmayonnaise
2 eiergele
Sap en fyngerasperde skil van 1 groot suurlemoen
Sout en peper
200 ml sonneblomolie
mostertd na smaak
Klits of verwerk die eiergele, suurlemoensap, mosterd en -skil, sout en peper baie goed saam. Terwyl jy klits, voeg die olie drupsgewys by. Hou aanhoudend aan met klits tot die mayonnaise dik genoeg is. (As die olie opgebruik is en die mayonnaise is te dik, Verdun dit met 'n bietjie warm suurlemoensap of water). Verkoel lugdig tot benodig. Lewer ongeveer 250 ml mayonnaise.