Tuesday 16 July 2013

Suurlemoenkarringmelkpoeding



Suurlemoenkarringmelkpoeding

250 ml koekmeelblom
Knippie sout
30 ml botter
250 ml suiker
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
3 eiers, geskei
500 ml karringmelk
125 ml suurlemoensap  Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die meel en sout saam. Verroom die botter en suiker en voeg die gerasperde suurlemoenskil by. Voeg die eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meelmengsel bo-oor en vou in. Meng die karringmelk en suurlemoensap en roer by. Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Bak vir ongeveer 40 minute tot ferm. Genoeg vir ses mense.