Tuesday 16 July 2013

Gepreserveerde suurlemoene




Gepreserveerde suurlemoene
Nie almal ken gepreserveerde suurlemoen nie. Probeer dit een keer en jy sal dit gereeld maak. Dis heerlik in bredies, by oondgebakte hoender of by kos met Marokkaanse geure. Gepreserveerde suurlemoen hou vir ongeveer een jaar.  5 suurlemoene
Ongeveer 80 ml sout
Ongeveer 3 lourierblare
6-10 peperkorrels
Suurlemoensap
 Laat week suurlemoene vir drie dae in warm water om skil sag te maak. Vervang water daagliks met vars, warm water. Sny suurlemoene in kwarte of kleiner stukkies en druk gesnyde dele in die sout sodat dit goed daarmee bedek is. Skep 15 ml sout in 'n gesteriliseerde glasfles. Pak 'n laag suurlemoenstukkies in die pot, sprinkel 'n laag sout oor en herhaal met nóg 'n laag suurlemoenstukkies. Druk hier en daar 'n lourierblaar in en sprinkel peperkorrels oor. Druk die suurlemoene ferm in die pot vas, maar laat 'n klein spasie aan die bokant. Giet vars uitgedrukte suurlemoensap in die pot om die suurlemoene te bedek en seël. Laat staan vir ongeveer 30 dae op 'n taamlik warm plek (soos 'n kombuisvensterbank) om ryp te word en skud die fles elke dag om die sout en suurlemoensap deur die fles te versprei. Omte gebruik, spoel liggies af (as jy wil) en kerf fyn of gebruik net so in kos. Lewer 1 groot fles.