Wednesday 24 July 2013

Suurlemoen-atjar





Suurlemoen-atjar
Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.

Maak: 4 mediumgroot flesse
Bereidingstyd: 30 minute, plus weektyd

12-15 klein suurlemoene of lemmetjies
45 ml growwesout
60 ml atjar-masala

45 ml fenegriek (methi)
15 ml selderysaad
2-4 groen brandrissies, ontpit
en gekap
300 ml suurlemoensap

1 Verhit 'n groot kastrol vol water tot kookpunt. Haal dit van die plaat af en gooi die suurlemoene by. Laat dit vir 'n paar uur week tot sag.
2 Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny dit in agt wiggies. Haal die pitte uit. Sit die wiggies in 'n bak wat nie van metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit oraloor die wiggies.
3 Sit die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die suurlemoensap tot kookpunt en gooi dit oor die suurlemoene. Seël dit en los dit vir 'n paar dae voor jy dit gebruik. Hou dit in die yskas nadat dit oopgemaak is.