Wednesday 24 July 2013

Glanssous vir vleis x 4 resepte

APPELKOOSGLANSSOUS:

 250ml ingelegde appelkose , gekap 50ml bruinsuiker 5ml fyn gemmer

Meng al die bestanddele goed saam . Skep die helfte van die sous oor die ham en bak vir 30 minute by 160 grade C. Bedruip die ham gereeld met die res van die glanssous.

APPELKOOSKONFYTGLANSSOUS:

100ml fyn appelkooskonfyt, 2ml mosterdpoeier, 15ml asyn, 15ml kookolie

Meng al die bestanddele goed saam. Skep helfte van die sous oor die ham en bak vir 30 minute by 160 grade C. Bedruip die ham gereeld met die res van die glanssous.


MOSTERDGLANSSOUS:

50ml aangemaakte mosterd, 50ml bruinsuiker, 50ml asyn, 30ml heuning

Meng al die bestanddele goed saam, skep helfte oor die ham en bewerk soos vorige resepte.

BIERGLANSSOUS:

1 ui,gekap 60g bruinsuiker, 5ml Franse mosterd, 2ml droë gemengde kruie, 125ml bier

Meng al die bestanddele saam, en laat prut vir 10 minuteoor stadige hitte. Skep helfte van die sous oor die ham en volg vorige resepte se metode