Tuesday, 23 July 2013
SOUSKLUITJIES
SOUSKLUITJIES
SOUS500 ml water
10 ml botter
60 ml suiker
2.5 ml kaneel
25 ml mielieblom - maizena
KLUITJIES
125 ml koekmeel
60 ml suiker
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
10 ml botter
30 ml melk
1 eier - geklits
botter - om oor gaar kluitjies te stip
kaneelsuiker
Giet water in ronde glasbak met deksel wat 20 cm diep is.
Roer botter, suiker en kaneel by.
Mikrogolf vir 5 minute teen volle krag tot water kook.
Maak mielieblom met bietjie water aan en roer by mengsel.
Mikrogolf vir 3 minute tot dik.
Sif droe bestandele saam.
Vryf botter in.
Klits eier en melk en voeg by.
Klits tot gemeng.
Skep lepels vol in sous en bedek die bak.
Mikrogolf vir 1½ tot 2 minute teen 100% krag.
Stip kluitjies met botter terwyl warm en sprinkel kaneelsuiker oor.
Bedien met heel ingelegde vye en room.