Tuesday 23 July 2013

BEESVLEIS STROGANOFF




BEESVLEIS STROGANOFF
Genoeg vir 4-6 mense

BESTANDELE
30 ml (2 e) olyfolie
500 g beesvleis
1 ui, gekap
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
250 g sampioene, in skywe gesny
10 ml (2 t) suurlemoen-swartpeper black lemon pepper
500 ml vars room

METODE
1. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis tot bruin. Haal uit en sit eenkant.
2. Sit die ui in dieselfde kastrol en soteer tot goudbruin.
3. Sit die vleis terug in die kastrol, voeg die aftreksel by en laat prut oor lae hitte tot die beesvleis sag is.
4. Voeg die sampioene, suurlemoen-peper lemon pepper en room by en laat prut vir nog 2 minute. Sit voor saam met rys of pasta