Monday 22 July 2013

Wintershande en voete





Wintershande en voete

·         Probeer die aloe gel en daarna die heel balm oor (as handeroom) werk uitstekend!

·         Traxa - te koop by apteke - werk wondere. Hoop jy kom reg

·         Emulsifying Ointment BP. Dit ruik soos kar olie en is vetterig -dit kos so tussen R 25.00 en R 30.00 n pot by die Apteek.

·         Ek het ‘n ou boereraat vir jou. As dit wit geryp is in die oggend moet jou kaalvoet in die ryp gaan loop en ook jou hande op die gras vee waar dit geryp is en alles sal oor gaan, dit het gehelp vir my suster se dogter toe sy op skool was en het nog nooit weer las gehad daarvan nie.

·         Meng een klein Campher Cream blikkie (die wit een) met 5 Grandpa poeiers. Smeer dit 3 keer ‘n dag aan jou hande en voete.

·         Probeer gerus Miracle Comfrey. Daar is nie ‘n salf wat beter werk nie.

·         Ek gebruik Circulation Formula van A. Vogel - dis homopatiese druppeltjies wat mens in water drink en dit help regtig vir my.

·         My dogter van 8 jaar kry nou winters ore. Sulke knoppe op die rante van haar oor wat baie jik. My vriendin se toe ek moet spirits aansmeer, wat ek wel gedoen het. Dit is nou seker al ‘n week gelede en sy het nog nie weer gekla nie.

·         Ek het ‘n vriendin wat met die probleem sukkel, sy het ‘n boereraat van haar skoonma gekry en volgens haar werk dit soos ‘n bom. Jy gaan koop lee kapsules by ‘n apteek en vul hulle met Cayenne Pepper, drink een daagliks. Hoop dit werk vir jou.

·         Jong, ek het ook wintersvoete gehad. My tone was baie rooi en geswel. Iemand het vir my die raat gegee om Lennon se Witdulsies te gebruik. Jy maak wattetjie nat daarmee en smeer aan. Aanvanklik vir my was dit asof dit erger geword het die eerste paar dae wat ek dit gebruik het, maar dit is nou 7 jaar later en het nog nie weer een winter dit gehad nie. Vir my het dit gehelp. Ek dink ek het net vir so ‘n

·         week of twee aangesmeer sommer so twee keer per dag. Wanneer jy dit aansmeer, jeuk dit vreeslik vir die eerste rukkie, maar dan kalmeer dit.

·         Probeer melksalf of meng olyfolie en suiker en vryf goed in en spoel suiker af en droog liggies af en vryf die hande tot al die oilie geabsorbeer is

·         "Dubbin " skoen politoer help ook vir voete.

·         Meng kers was met parafin 50/50 en smeer soggens en saans aan. Dit help ook vir gebarste voete in warm weer waneer sandale gedra word

·         Laat jou dokter vir jou "paroven" pille voorskryf. Dit werk.