Wednesday 24 July 2013

SLAAI MET PAMPELMOES




SLAAI MET PAMPELMOES

JY BENODIG
200g klein gaar garnale
2 pampelmoese, geskil en in segmente gesny
3 avokado’s, fyngedruk
1 rooiui, gesny
100g roomkaas
swartpeper
(sous)
1 teelepel origanum
1 knoffelhuisie, gekap
1 eetlepel mosterd
4 eetlepels rooiwynasyn
METODE
Rangskik segmente pampelmoes mooi op ’n bord. Plaas fyn avokado in ’n bakkie en meng roomkaas daarin. Sprinkel avokado en roomkaas met swartpeper. Plaas hopies van die avo mengsel bo-op die pampelmoes. Strooi rooiui bo-oor. Strooi garnale bo-oor. Meng al die sous bestanddele saam in ’n bakkie. Gooi sous oor die slaai net voor opdiening.