Wednesday, 24 July 2013
APPELS IN ’N PAN
APPELS IN ’N PAN
JY BENODIG
6 appels, geskil
1 eetlepel botter
1 eetlepel bruinsuiker
½ teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn kaneel
2 heel ster-anys
3 eetlepels kokosmelk
½ koppie bloubessies
3 eetlepels bourbon
1 eetlepel strooisuiker
METODE
Sny appels in dun skywe. Verhit botter in ’n pan. Voeg appels, bruinsuiker, gemmer, kaneel en ster-anys by. Roerbraai tot appels begin verbruin (ongeveer 2 minute). Verwyder ster-anys en roer kokosmelk by – moenie laat kook nie. Verwyder van stoof en skep in 6 klein bakkies. Gooi bessies, bourbon en suiker in ’n ander pan en steek aan die brand. Sodra vlamme dood is, skep bessies oor appels. Bedien onmiddelik.