Monday 22 July 2013

Romerige Kerriehoender




Romerige Kerriehoender
2 kg hoenderporsies
 Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
 250 ml blatjang
 250 ml volvet-mayonnaise
 30 ml heuning
 10 ml sterk kerriepoeier
 30 ml vars suurlemoensap
 250 ml water
 ½ pakkie bruin uiesoppoeier
 Vars pietersielie om af te rond
 
Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die hoenderporsies in ’n enkellaag in ’n oondbak en geur met sout en peper. Meng die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie, goed en giet oor die hoender.
 Bedek moet foelie en bak vir 40 minute. Verwyder die foelie en bak oop vir ’n verdere 20-30 minute tot die hoender goudbruin en deurgaar is en die sous lekker dik. Lewer agt tot tien porsies.
 Wenk: Vermeerder die kerriepoeier tot 15 ml as jy ’n sterk kerriegeur verkies. As jy dit met selfs meer brand verkies, voeg 1 of 2 gekapte brandrissies by die sous.