Monday 22 July 2013

POTBROOD




POTBROOD

1kg Koekmeel ( 7 koppies )
1 pakkie yeast ( Ancor se pers pakkie werk die beste )
10ml sout
2 3/4 koppies water

Meng alles saam op tafelblad. Maak dammetjie vir die water, nie nodig om dro? bestandele eers te meng met mekaar nie. Knie tot hande skoon is, deeg moet nie te styf wees nie. Gooi bietjie olie in jou hand en smeer deegbol, plaas in bak en laat rys op warmer plek tot dubbel die grote.

Maak bolletjies so eier size en plaas in pot. Pasop om te veel te manipuleer ( dit vat die lekker ligte/fluffy tekstuur weg ), ek sal later probeer om foto's te plaas van hoe Irma die bolletjies met haar wysvinger en duim afknyp vir die wat nie weet hoe nie. Laat rys weer die pan vol.

Bak vir ? 40 minute @ 180-200 grade. Wanneer jy bo-op die brood klop moet hy hol klink, dan behoort hy gaar te wees. Op vuur moet jy eie diskressie gebruik. Smeer brood met eiergeel sodra gaar en laat bak nog vir so 3-5 minte tot korsie mooi gekleur het. Ek gooi hier sommer gerasperde kaas ook oor.

Gekerfde olywe ingemeng net voor die deeg in bakpan kom is baie lekker.

Ek het so tyd terug begin op rogmeel (rye) in te sit deur 3 koppies koekmeel met 4 koppies rogmeel te vervang om 'n lekker ligte rogbrood te maak. Hy is nie heeltemaal so "fluffy" soos die resep nie maar ook nie so swaar soos rogbrood wat jy in winkels koop nie, die smaak van rogbrood is wel daar.