Monday 22 July 2013

BRAAIBALLE



BRAAIBALLE
1 pakkie Potato Bake
250 ml room
250 ml melk.
2 teelepels knoffel( ek gebruik omtrent 5 huisies want ons hou van knoffel).
1 kg witbrood deeg (klaargemaak in winkels te koop)
Gerasperde kaas

Meng die sous bestandele saam en gooi die helfte van sous in n oondvaste bak.
Rol nou die deeg in balle net groter as n golfbal en pak dit in die sous
Laat ruimte vir rys.
Gooi die res van die sous bo oor en gooi gerasperde kaas oor..
Ek maak dit toe met kleefplastiek en laat hom weer bietjie rys.
Haal die plastiek af en bak hom in n voorverhitte oond by 180c vir 35 minute. Ons kry nie winkeldeeg hier nie so ek moet my eie maak.

MY EIE RESEP VIR BROODDEEG IS:
2 1/2 koppies Witbroodmeel
2 1/2 koppies koekmeel
1 eetlepel suiker
1 teelepel sout.
14 g kitsgis
Meng en maak aan met 2 koppies louwarm water 1 eetlepel olyf olie..
Knie goed deur vir 10 minute of tot glad en elasties.
Ek knie n bietjie griekse yogurt by as hy bietjie droog voel.
Dan knie hy lekker
Laat die deeg rys tot dubbel en knie af
Laat weer rys knie af en maak balle.
As dit gaar is gebruik jy die sous en smeer dit op soos botter.