Thursday 18 July 2013

LAVENTEL SUIKER




LAVENTEL SUIKER


Meng 1 koppie suiker en ¼ koppie vars fyngekapte laventelblomme.

Plaas die mengsel in ‘n lugdigte houer vir ‘n week.

Sif die suiker voor gebruik om van die laventelstukkies ontslae te raak. 

 

Die blomme van die laventelplant word gebruik om koekies, suiker, jellie en asyn te geur. Die blomme is natuurlik ook 'n aantreklike versiering in suiker en op koek, vars en gekristalliseerd.