Wednesday 17 July 2013

Avo Ritz - Kêrels wat Kook




Avo Ritz 1 Advokadopeer
1 koppie garnale
40ml Mayonaise
20ml Tamatiesous
10ml Suurlemoen sap
1 Knippie sout
Cayenne peper

Slaaiblare
2 halwe snye suurlemoen dun gesny

Meng die Mayonaise, Tamatie sous, Suurlemoen sap en sout saam tot dit 'n mooi pink kleur is.
Meng dan die garnale in.
Skil en halfeer die advokado en plaas elke helfde op n blaarslaai bedding in 'n bakkie.
Vul die Avo met die garnaal mengsel en gee dit kleur en 'n bietjie byt met die cayenne peper.
Bedien met 'n halwe gedraaide suurlemoen skyfie bo op vir afronding.