Koejawelblatjang
Maak 3 liter
1 liter bruinasyn
3 k suiker500 g uie, geskil en fyngekap
½ t fyn gemmer
2 t sout
2 t naeltjies
1 t peper
2,5 liter koejawelpuree*
Verhit asyn in ‘n pan. Voeg die suiker by en verhit tot opgelos.
Voeg die uie en ander speserye by en kook 20 minute. Voeg die koejawelpuree by
en kook mengsel tot verdik. Laat dit effens afkoel. Plaas in gesteriliseerde
bottels nadat die blatjang afgekoel het. Bedien met vis, hoender en koue
vleise. Ideaal om ‘n hoender in die oond bruin te maak.
*Kan gemaak word deur ingelegte koejawels in ‘n voedselverwerker
fyn te maak. Jy kan ook ryp koejawels blansjeer. Haal uit die water, verpulp en
druk dan deur ’n sif om die sade van die pulp te skei.