Tuesday 30 July 2013

KERRIEKOOL GEREG





KERRIEKOOL GEREG

1 klein koolkop, gekerf
2 wortels, gerasper
2 uie, gekerf
1 kg maalvleis
1 pakkie hoendernoedelsop
5 ml borrie
2 eetlepels kerrie (matig)
1 teelepel sout

1 ml swartpeper
4 eetlepels botter

Gebruik ´n groot braaipan.
Braai die uie in 4 eetlepels botter tot ligbruin.
Voeg die kool by en roerbraai vir ongeveer 30 minute.
Voeg nou vleis, wortels en geurmiddels by.
Maak sop aan met 500 ml water en gooi helfte by.
Kook/prut vir 30 minute en gooi af en toe van die res van die sop by of as dit nodig is, kan meer water by gegooi word (moenie laat dit brand nie)
Partykeer gooi ek so ´n kwart koppie room by net vir die lekkerte.

Bedien met rys, vars broodjies en mengelslaai.