Tuesday 30 July 2013





Blomme & Tuinmaak

·         Koffiemoer is goed vir plante.

·         Rol jou tuinslang in die vorm van ´n 8. Dit verhoed dat dit koek.

·         Indien jy sukkel om ‘n tuinslang oor ‘n kraan te trek, kan jy die punt warm maak in kokende water en dan oortrek.

·         Seep kan in die binnekant van die tuinslang gesmeer word en dan oorgetrek word.

·         Ogiesdraad kan bo-oor geute gespan word om oortollige blare uit te hou.

·         Om van gras tussen plaveisel ontslae te raak; kook soutwater of gewone sout kan binne die slooitjies van plaveisel gegooi word om gras uit te hou.

·         Om permanent van onkruid onslae te raak (maak ook grond dood) bespuit met diesel.

·         Gebruik ou eierhouers om klein plantjies te maak. Saai saad afsonderlik in elkeen en met uitplanting kan die plantjie met houer en al geplant word. Sal disintegreer na ‘n ruk.

·         Pluk snyblomme baie vroeg in die oggend of vroeg skemer. Hulle sal langer hou.

·         In rangskikking: Gooi 1 teelepel Jik & 1 teelepel suiker in rangskikking water.

·         Stof op plante - Vee die plante af met die binnekant van ‘n piesangskil. Dit verwyder die stof en voed die blare.

·         Om van slakke ontslae te raak - Sit lemoen- suurlemoen- of nartjieskille waar die slakke is, hulle hou nie van die reuk nie.