Thursday, 4 July 2013

HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE-ROOMSOP




HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE-ROOMSOP
Die sop kan ook koud bedien word
800 g murgpampoentjies, gewas en in groot stukke gesny
15 ml hoender-aftreksel-poeier
100 ml water
200 ml melk
250 ml room

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas die murgpampoentjies, aftreksel-poeier en water in ’n groot kastrol.
Bring tot kookpunt en kook tot sag.
Haal van die hitte af.
Laat afkoel tot kamertemperatuur voor jy dit in ’n versapper gooi, versap tot glad.
Gooi in ’n mengbak en voeg die melk en room by. Meng goed.
Geur met sout en swartpeper