Wednesday 24 July 2013

sjokolade mousse vulsel vir sjokolade koek en dan die glans sjokolade bolaag



... gebruik sommer moirs se kits aanmaak sjokelade mouse en dan sit jy koek in die yskas vir n uur. As die koek 30 min in yskas was kan jy begin met Ganache.Vir die sjokeladeganache 100g sjokelade en 100ml room. Verhit die room in klein kastrol tot net voor kookpunt, breek sjokelade in blokkies en gooi dit by die warm room. Roer aanhoudend totdat dit egalig gesmelt isN plaas in yskas vir ten minste 20 tot 30 min om te begin styf word. As die koek se uur om is, gooi ganache oor en laat dit teen die kante afloop. Plaas terug in die yskas indien nodig. Ek het al weighless se pepperment instant mousse ook gebruik, werk lekker. Die ganache maak ek dubbel aan, want partykeer is die koek te groot en die ganache te min.