Monday 29 July 2013

GEEN KNIE BROOD

GEEN KNIE BROOD
MAKLIKE ROER WITBROOD
Jy kan sommer met jou huiswerk aan gaan met die brood ! Hier is die resep weer
Toe verander my hele lewe met die resep!
7 koppies meel (Dis presies 1Kg)(Koekmeel)
4 Koppies Water(lou water)
2 teelepels sout
1 Pakkie suurdeeg.(10g)
(1tlp Suiker)
Meng alles goed deur, gooi in panne, laat rys, bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180°C
Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak.