Monday, 29 July 2013

Marmite Rolletjies




Baie lekker BAIE maklike brood rolletjies:

Marmite Rolletjies

1 Pak deeg (klaa...r voorafbereide winkel deeg)
so 1 of 2 eetlepels marmite/oxo/Bovril
250 ml room
gerasperde kaas

Maak klein bolletjies deeg, pak in 'n oondpan. Meng marmite en room ( gebruik hoeveelheid na smaak, ek het 1 eetlepel Bovril gebruik ) Gooi oor die rolletjies, sit gerasperde kaas bo oor en bak teen 180 grade C vir so 15 - 20min. Gebruik tande stokkie om te kyk of dit gaar is. HEERLIK saam met 'n braai.