Monday 29 July 2013

Ria se pasteideeg

 
 
Ria Posthumus
Hier is die pasteideeg resep wat ek graag maak.
625g goeie margarien/botter
6 koppies koekmeel
1/2 (half) teelepel kremetart (cream of tartare)
1 +1/2 (een en 'n half) teelepels sout.
Vryf hierdie goed saam tot dit soos mieliemeel lyk.

Meng die geel van 3 eiers met 60 ml wit asyn en 'n 3/4 (driekwart) koppie YSKOUE water. Voeg dit by die meelmengsel en werk deur. Plaas dit in die yskas vir so 6 ure voor julle dit gebruik. Ek deel myne in 3 lotte op en plaas dit in plastiese sakkies. Dan gebruik ek eers die een lot en dan die volgende. So bly jou deeg koud. Rol dit dun uit en maak jou pasteitjies of worsrolletjies en bak. Jy kan ook jou gaar vulsels insit en dan vries en later bak. LEKKER resep hierdie en is groot treffer onder almal hier rond. Groete en mooi naweek.
 
....ek dink nogal 'n mens kan dit seker maar vir soet ook gebruik... daar is nie baie sout in nie.... Ek wys gou prenjies van vanoggend se maak... ek het 32 klein pasteitjies en 24 groot pasteie uit die beslag gekry.. Die worsrolletjies het ek nou die dag gemaak... maar ek het dieselfde deeg mengsel gebruik daarvoor. As julle lekker Cheesegrillers kan kry en dit in die deeg toerol is dit net so lekker. Ek het al die deeg uitgerol en dit met 'n vierkantige drukkertjie uitgedruk.. toe 'n stuk van daai toegedraaide kaas wat mens gebruik vir burgers bo op geplaas en dit in 'n driehoek gevou en so gebak... dit was LEKKKKKKKERRRRRR!!.
 
Ek bak dit op 180 grade vir so 20 minute plus.. kyk maar hoe jou stoof bak... nie te donker bruin nie ... so middel oond hoogte.. Die deeg rol jy dun uit so daar is nie baie wat moet gaar word nie