Tuesday, 2 July 2013
Broccoli en Bloukaas Sop
Genoeg vir 4-6
Gebruik dieselfde basiese resep vir groentes wat meer water bevat, soos broccoli, murgpampoentjies
en aspersies.
Vervang die wortels deur ’n middelslagaartappel, geskil en in blokkies gesny, en 3 broccolikoppe (of groente van jou keuse), in kleiner stukkies gesny. Kook die groente net vir 5 min. in die aftreksel sodat die groen kleur behoue bly. Rond die sop af met ’n koppie room, ’n raspertjie neutmuskaat en krummel bloukaas bo-oor (opsioneel).