Wednesday 24 July 2013

BLITSIGE PESTO SIRKELS




BLITSIGE PESTO SIRKELS

JY BENODIG
1 vel skilferkorsdeeg, ontdooi
2 eetlepels basiliekruidpesto
2 eetlepels
songedroogde tamatiepesto
4 eetlepels fyngerasperde parmesan kaas
grofgemaalde swartpeper


METODE
Rol deeg uit tot ¹/³ groter. Verdeel in 2 reghoeke. Smeer een deel met basiliekruidpesto en die ander een met songedroogde tamatiepesto. Strooi met kaas, geur met swartpeper en rol op. Sny in dun sirkels en rangskik op oondplaat. Bak teen 180˚C vir 10 tot 12 minute of tot goudbruin. Bedien warm of teen kamertemperatuur.
(Moenie histeries raak as die pesto ’n bietjie uitbak nie. Kos is kos!)

Onder Resepte Inmaak/Preserveer is 'n resep vir die groenpesto asook die rooipesto