Thursday, 11 July 2013

Biddy se boerewors-quiche

Biddy se boerewors-quiche

Bestanddele
Deeg
 1 koppie koekmeel
 1 koppie gerasperde kaas
 125g botter of margarine
Vulsel
 2 uie, opgekap
 2 koppies melk
 4 eiers
 2 koppies kaas, gerasperde
 1 koppie ongegeurde joghurt
 ½ teelepel rooipeper
 handvol pietersielie
 knypie sout en peper
 1 koppie halfpad gebraaide boerewors, in stukkies gesny
 gerookte paprika
 
Metode
Deeg
 Meng al die bestandele en vul 'n tertbak se bodem daarmee.
Vulsel
 Plaas uie en melk in mikrogolfbak en kook vir 20 minute.
 Meng intussen die res van die bestandele en voeg die melkmengsel en boerewors by.
 Sit in tertbak, strooi paprika oor en bak teen 180 grade vir 35 minute.