Wednesday 17 July 2013

AARTAPPELPASTEI




AARTAPPELPASTEI (links op die foto)

Bestanddele
Genoeg vir 6 tot 9 porsies

3 t ongesoute botter
1 groot ui, in baie dun skywe gesny
¾ koppie crème fraîche
½ koppie gekapte pietersielie
fyn seesout
pasgemaalde swartpeper
¼ t fyn neutmuskaat
2 rolle gekoopte blaardeeg
1 kg middelslagaartappels, vir 10 min. tot halfgaar gekook
1 eier, liggies geklits, om mee te verglans

Metode

Smelt die botter in 'n middelslagpan oor matige hitte.
Voeg die uieskywe by, roer totdat dit met botter bedek is, en soteer vir sowat 3 min. terwyl dit dikwels geroer word totdat die uie net deurskynend is.
Haal van die hitte af en laat eenkant staan.
Meng die crème fraîche, pietersielie, 'n knippie sout en peper en neutmuskaat in 'n middelslagbak en roer totdat dit gemeng is. Laat staan eenkant.
Voorverhit die oond tot 200 *C.
Rol een van die rolle deeg op 'n werkvlak wat liggies met meel bestuif is uit in 'n reghoek van 30 x 25 cm; herhaal met die ander rol deeg. Sit een vel deeg eenkant.
Pak een helfte van die aartappelskywe in 'n laag met 'n 2,5 cm rand rondom en die skywe wat mekaar oorvleuel op een vel deeg.
Smeer die helfte van die crème fraîche-mengsel oor die aartappels en strooi die gaar uie bo-oor.
Pak die oorblywende aartappels bo-op, gevolg deur die oorblywende crème fraîche-mengsel.
Bedek die aartappelmengsel met die oorblywende blaardeegvel sodat dit mooi waterpas met die onderste vel lê.
Verf die bokant van die pastei met die eierglanslaag.
Sny met 'n skerp mes twee snye sowat 2,5 cm van mekaar af oorlangs in die middel van die pastei af. Sny versigtig sodat jy nie deur die deeg sny nie. Sny aan die regterkant van die pastei vier skuins snye van sowat 1 cm elk dwarsdeur die pasteideeg. Herhaal aan die linkerkant.
Dit dien as luguitlaatkepe. Plaas die pastei oor op 'n bakplaat.
Bak die pastei in die middel van die oond vir 30 min. Verlaag die temperatuur tot 180 *C en bak vir nog 30 min. totdat die kors ryk goudbruin van kleur is. (As die kors ná 45 min. se bak te donker is, kan jy dit liggies met 'n vel aluminiumfoelie bedek en voortbak.)
Laat die pastei vir 20 min. op 'n draadrak afkoel.
Sny in vier skywe van sowat 13 cm elk as hoofgeregporsies, of sny in kleiner porsies as bykos, en dien op.Laat heeltemal afkoel en verwyder uit pan