Wednesday 17 July 2013

SJOKOLADE EN KOFFIE SOMERDRANKIE




SJOKOLADE EN KOFFIE SOMERDRANKIE


Bestanddele
200 g donker sjokolade, grofweg gekap

2 koppies moerkoffie reeds gemaak met melk

4 e koffie likeur

Ys

Metode

Plaas die sjokolade in 'n hittebestande bakkie oor 'n pot pruttende water. Roer totdat dit gesmelt het. Laat 'n bietjie afkoel. Meng 2 koppies moerkoffie in die gesmelte sjokolade en klits om te meng. Voeg koffie likeur by en meng. Breek ys effens in ‘n sak en plaas gebreekte ys in ‘n glas. Gooi afgekoelde sjokolade mengsel oor ys in die glas.