Wednesday 17 July 2013

RYK EN MAKLIKE VRUGTEKOEK




RYK EN MAKLIKE VRUGTEKOEK (regs op die foto)

Bestanddele


2 1/2 koppies vrugtekoekmengsel met neute
1/2 koppie versuikerde sitrusskil
1½ k water
1 koppie suiker
250 g botter
1 t koeksoda
knippie sout
1 koppie volkoringmeel
1 koppie koekmeel
1 t bakpoeier
1 eier, geklits

Metode

Voorverhit die oond tot 180 *C.
Smeer 'n middelslagkoekpan.
Kook die vrugtekoekmengsel, water, suiker, botter, koeksoda en sout vir 20 min. saam. Laat afkoel, roer sitrusskil by.
Roer die meel, bakpoeier en eier in die vrugtemengsel.
Skep in die koekpan en bak vir 1 uur.