Suurlemoenstroop
500 ml suiker
250 ml water
250 ml vars suurlemoensap
500 ml suiker
250 ml water
250 ml vars suurlemoensap
Verhit die suiker en water
saam oor lae hitte tot opgelos. Bring tot kookpunt en prut vir vyf minute
sonder om te roer. Voeg die suurlemoensap by, verwyder van die hitte en laat
afkoel. Giet in gesteriliseerde bottels. Giet 30 ml van die stroop in 'n glas
en vul op met 250 ml yswater of sodawater vir verfrissende limonade. Lewer
ongeveer 500 ml stroop.