Wednesday, 5 June 2013

Keurige Kaaskoek

 

Katie Heine
Hiermee 'n HEERLIKE kaaskoek resep. Ek kan hom regtig aanbeveel.

KEURIGE KAASKOEK

KORS

1 pak (200g) volkoring-beskuitjies, fyn gemaak
60ml gesmelte botter
5ml fyn kaneel

VULSEL
500g Tusser’s-kaas, fyn gerasper
200ml suiker
250ml koekmeelblom
Knippie sout
1 ekstra groot eier
6 ekstra-groot eiers, geskei
180ml suurroom
Sap en skil van 1 suurlemoen
100ml strooisuiker

METODE

Voorverhit die oond tot 160C. Spruit ‘n 23cm losboompan met kleefwerende middel.
Meng al die bestanddele vir diekors goed saam en druk op die bodem van die voorbereide pan vas. Hou in die yskas tot benodig.

Klits die kaas en suiker saam tot goed gemeng (ons het dit sommer in die voedselverwerker gedoen).
Sif die koekmeelblom en sout by en klits goed.
Voeg die eier, asook 6 eiergele by en klits goed.
Voeg die suurroom en sap en skil van die suurlemoen by en meng deur.
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by terwyl dit aanhoudend geklits word.
Vou in by die kaasmengsel en giet in die voorbereide kors.

Bak 1 uur lank tot die kaaskoek stewig is.
Skakel dan die oond af en laat die koek in die oond afkoel.
Verwyder uit die pan en plaas op ‘n mooi dienbord.
Lewer ‘n groot kaaskoek.