Thursday 13 June 2013

Stephan se beproefde basaar-sosaties

Stephan se beproefde basaar-sosaties

 


Metode
1kg bees- of lamsvleis, in blokkies gesny
1½ koppie water
1½ koppie bruinsuiker
1 koppie (verkieslik bruin) asyn
1 ui, in agt stukke gesny
½ teelepel sout
10 naeltjies
3 loerierblare
Bietjie borrie
Kerriepoeier na smaak

1 eetlepel Maizena, met bietjie water aangemaak

Kook alles behalwe vleis en Maizena saam totdat uie sag is.
Voeg die Maizena by om sous te verdik.
Gooi die vleisblokkies in die sous en laat dit vir twee dae daarin week.
Gebruik 'n metaal of glasbak want dit vlek plastiek.
Draai gereeld die vleis om.