Thursday 13 June 2013

KEBABS MET PEPPADEWS:




KEBABS MET PEPPADEWS: 
350g varkvleisblokkies(uit boud gesny), 25mm dik
1 medium soetrissie, ontpit, in 25mm blokkies gesny
200g ingemaakte peppadews in stroop (sowat 18)
6 piekeluie, geskil en gehalveer

BEDRUIPSOUS:
80ml stroop van ingemaakte peppadews
10ml heuning
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15ml ligte bruinsuiker

Ryg die varkvleis om die beurt met soetrissie, uie en peppadews op die penne.
Meng al die bestanddele vir die bedruipsous.
Braai kebabs 15-20 minute oor matige kole, keer gereeld om en bedruip met sous tot gaar.
Jy kan die peppardews vervang met perskeskywe ook. Dis baie lekker.