Thursday 13 June 2013

BABA BRANDBOUDJIES SALF RESEP



Le Roux Andre Maritjie

BABA BRANDBOUDJIES SALF RESEP
1 x groot buis Multipeol
2 x buise Siproban
2 x buise Nystacid
1 x groot pot Fissan paste


Meng alles deeglik met ‘n mes in ‘n mengbak. Skep dit dan terug in die Fissan paste houertjie en nog ‘n ander kleiner potjie soos ‘n boudsalf potjie. Die maklikste manier om al die salf uit die buisies te kry is om die agterkante met ‘n sker oop te knip en als met jou vinger uit te krap. Dis duur, so probeer soveel as moontlik uit die buisies te kry.

Maak seker dat jy die salf baie goed in baba se boudjies invryf. Dit moet soortvan ingemasseer word. Ruil baba se doek baie gereeld en sit elke keer hierdie salf aan. Jy sal binne ‘n dag ‘n merkwaardige verbetering sien.