Thursday, 6 June 2013

Sop Dieet

Charmaine Prinsloo

Hierdie dieet kom van die "Sacred Memorial Hospital" en word gebruik vir hartpasiënte om vinnig gewig te verloor.

Basiese sop:
900g tamaties
6 groot uie

2 biefblokkies
1 pakkie wit sop
1 bondel selderye

2 blikkies groenbone (met water)
1,5 kg wortels
1 green pepper

Geur met sout, peper, balsamiese asyn en pietersielie. Sny groente in kleinerige blokkies en top op met water. Kook vinnig vir 10minute en verlaag dan temperatuur sodat dit prut. Prut tot groente sag is.

Eet die sop wanneer honger voel. Eet soveel soos jy kan en wanneer jy wil. Die sop sal nie kalorieë byvoeg nie. Hoe meer jy eet, hoe meer sal jy verloor.
Jy mag onversoete tee en koffie drink. As jy melk saam met die tee en koffie drink moet dit vetvry wees. Jy moet 6-8 glase water per dag drink.

Baie belangrik : geen brood, geen alkohol, geen gaskoeldrank, geen dieëtkoeldrank.

Dag 1 : eet slegs sop en vars vrugte. Enige vrugte behalwe piesangs.

Dag 2 : eet slegs sop en groente. Geen vrugte nie. Eet soveel van beidie as wat jy wil. Geen boontjies, ertjies of mielies nie. Beloon jouself vanaand met 'n gebakte aartappel en botter.

Dag 3 : eet soveel sop, vrugte en groente as jy wil. Moenie 'n aartappel eet nie. Teen die tyd behoort jy al 2-3kg te verloor het, as jy nie gekul het nie.

Dag 4 : eet sop, piesangs en vetvrye melk. Eet ten minste 3 piesangs. Piesangs het hoë kalorieë en koolhidrate inhoud. Teen hierdie tyd sal jou liggaam bogenoemde nodig hê om die "craving" teen te kant.

Dag 5 : eet sop, biefstuk en tamaties. Jy mag 500g biefstuk en 6 tamaties eet.

Dag 6 : eet sop, groente en bief. Jy mag eet soveel soos jy kan. Geen gebakte aartappel nie.

Dag 7 : eet sop, bruinrys en groente - soveel as wat jy wil. Jy mag onversoete vrugtesap drink.

Teen hierdie tyd behoort jy 5-8kg te verloor het as jy nie gekul het nie. Jy kan solank as wat jy wil met die dieët aanhou. Hierdie dieët is ontwerp om vet vinnig te verbrand en om jou liggaam van gifstowwe te reining. Dit is heeltemal veilig. Dit is belangrik dat jy ten minste 24h voor jy alkohol inneem hierdie dieët staak.

Jy kan slegs een van die biefstuk-dae die bief vervang met hoender of vis.

Onthou : hoe meer jy van die sop eet, hoe meer sal jy verloor!!!

Ons eet vanaf die tweede week soggens 1 sny saadbrood met marmite vir ontbyt.