Friday 14 June 2013

Nie soet koekversiering vir Kolwyntjies




Naomi le Roux
Nie soet koekversiering vir Kolwyntjies

Kinders hou nie van vreeslike soet koekversiering nie.
Sit hierdie versiering volgende keer op jou kolwyntjies en kyk hoe geniet hulle dit.

1 pakkie poedingpoeier van jou keuse.
1 k koue melk
Klits dit tesame tot dit dik raak. Sit in die koelkas tot benodig.

Voeg by: 250 ml room.
Klop alles goed deur en versier jou kolwyntjies daarmee.