Friday 14 June 2013

Outydse ontbyt met volstruiseier en lewer




Outydse ontbyt met volstruiseier en lewer

Magda Johnstone het dié tradisionele sous met sterk speserye gegeur en bewys lewer en suursous verdien sy plek as ’n ikoon op die ontbyttafel.
Genoeg vir 4 mense


 Gaarmaaktyd: 15-20 minute
LEWER
500 g skaaplewer, vliese en are verwyder
sout en grof gemaalde swartpeper

botter en olyfolie vir braai
SUURSOUS
4 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) rooipeper
5 ml (1 t) brandrissievlokkies
5 ml (1 t) paprika
sap van 4 suurlemoene
skil van 1 suurlemoen
150 g bruinsuiker
200 ml water
meel om die sous mee te verdik
  1. Lewer Sny die lewer in stukke en geur met die sout en peper.
  2. Verhit die botter en olyfolie in ’n diep riffelpan.
  3. Braai die lewerstukke vinnig aan weerskante tot net gaar. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
  4. Suursous Braai die uie en knoffel liggies in ’n bietjie botter en olie.
  5. Voeg die res van die bestanddele, buiten die meel, by. Laat prut tot al die suiker gesmelt en die speserye goed deurgekook is.
  6. Verdik die sous met ’n bietjie meel wat aangemaak is tot ’n pasta en kook deur. Roer. Sit voor met die gaar lewer.