Maak jou eie stoof
Maak jou eie stoof
Jy benodig:
- ‘n Groot boks
- Dik, sterk maskeerband
- Wit akrielverf
- Pienk akrielverf
- Polistereenballe
- Swart kartonpapier of ‘craft foam’
- ‘n Lang stuk breë lint
- ‘n Groot skêr
- Gom
Metode:
- Vou die boks toe en plak toe met die maskeerband. Verf die boks, eers met die wit akrielverf en daarna met die pienk verf.
- Verf die polistereenballe en laat dit droog word.
- Gebruik ‘n piering en trek vier sirkels op die swart karton en gebruik die skêr om die sirkels uit die swart karton te knip.
- Plak die swart sirkels bo-op jou stoof om as die stoofplate te dien.
- Om die deur van die oond te maak, knip dit met die skêr uit en gebruik die lint om die ‘skaniere’ onder te versterk.
- Maak die stoof klaar deur die binnekant van die oond ook uit te verf.
- Plak die polistereenballe bo-op die stoof om as knoppe en hitte-indikators te dien asook as ‘n handvatsel vir die oond.