Thursday 13 June 2013

Maak jou eie stoof




Maak jou eie stoof

Jy benodig:

  • ‘n Groot boks
  • Dik, sterk maskeerband
  • Wit akrielverf
  • Pienk akrielverf
  • Polistereenballe
  • Swart kartonpapier of ‘craft foam’
  • ‘n Lang stuk breë lint
  • ‘n Groot skêr
  • Gom

Metode:

  1. Vou die boks toe en plak toe met die maskeerband. Verf die boks, eers met die wit akrielverf en daarna met die pienk verf.
  2. Verf die polistereenballe en laat dit droog word.
  3. Gebruik ‘n piering en trek vier sirkels op die swart karton en gebruik die skêr om die sirkels uit die swart karton te knip.
  4. Plak die swart sirkels bo-op jou stoof om as die stoofplate te dien.
  5. Om die deur van die oond te maak, knip dit met die skêr uit en gebruik die lint om die ‘skaniere’ onder te versterk.
  6. Maak die stoof klaar deur die binnekant van die oond ook uit te verf.
  7. Plak die polistereenballe bo-op die stoof om as knoppe en hitte-indikators te dien asook as ‘n handvatsel vir die oond.