Friday 14 June 2013

Tiaan en Mynhardt se karringmelk-plaatkoekies




Tiaan en Mynhardt se karringmelk-plaatkoekies

Karringmelk-plaatkoekies met neut- en heuningbotter

 Karring eers die botter, sodat die karringmelk wat oorbly vir die plaatkoekies gebruik kan word.
Neut- en Heuningbotter

 1 liter room
 100 g neute, gekap
 30 ml heuning

 Klits die room tot dit skei en karringmelk afkom. Meng die heuning en neute met die botter. Behou die karringmelk* vir plaatkoekies.

Plaatkoekies
 500 ml meelblom
 20 ml bakpoeier
 2 ml sout
 20 ml suiker
 2 eiers
 350 ml karringmelk*
 25 ml olie
 100 g korente
 Bietjie olie vir braai

 Sif droë bestanddele saam in ‘n mengbak. In ‘n apart bak, meng eiers, karringmelk en olie saam en roer by die droë bestanddele in.
 Verhit klein bietjie olie in pan. Skep lepelsvol van die beslag in die pan en strooi korente bo-oor. Draai om en bak ander kant gaar. Bedien warm (korente-kant na bo) met neut- en heuningbotter.