Friday, 21 June 2013

Klapper-en-lemoenbeskuit




Klapper-en-lemoenbeskuit
 1 kg bruismeel
5 ml sout
375 ml (1½ k) suiker
625 ml droë klapper
Fyngerasperde skil van 1 lemoen
500 g botter, gesmelt
1 blik (420 g) klapperroom
60 ml karringmelk
Sap van een lemoen
2 groot eiers  Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot broodpanne of 'n groot oondpan met olie of botter. Meng al die droë bestanddele en lemoenskil in 'n groot mengbak. Klits die botter, klapperroom, karringmelk, eiers en lemoensap saam. Voeg die bottermengsel by die droë bestanddele en meng alles goed saam. Skep die beslag in die pan(ne). Bak dit vir 50 - 55 minute tot dit gaar is. Keer die beskuit ná 10 minute uit op 'n droograk en laat dit heeltemal afkoel. Sny dit in vingers en droog uit teen 100 °C tot bros en droog. Bêre in 'n lugdigte houer. Lewer ses dosyn beskuit