Wednesday, 5 June 2013

SPINASIE LASAGNE:

Katie Heine
SPINASIE LASAGNE:

375gr Spinasiesnysels
15 ml kookolie
30ml Margarien
1 groot Ui, fyn gekap
2 Knoffelhuisies, gekneus
410gr Tamatiesop (blik)

125ml Water
10 ml Suiker
5ml sout
1ml Peper
200gr Tuna

Kaassous:
250 gr fyn Maaskaas
250 ml Room
250 ml gerasperde Cheddar

Metode:

Kook die spinasiesnysels volgens die aanwysings op die pakkie. (of net soos jy wil) Dreineer goed en meng met die kookolie.

Braai die uie en knoffel liggies in maragrien en voeg dan die tamatiesop, water,suiker, sout en peper by.

Verhit tot kookpunt en kook vir 10 min op lae hitte. Vlok die vis net effens (belangrik) en roer dit by die sopmengsel Hou eenkant tot nodig.

Klits die Maaskaas, room, en Cheddarkaas saam. Meng goed, hou eenkant tot nodig.

Smeer n oondvaste bak. Skep helfte van die spinasiesnysels in die bak. Dan die helfte van die vismengsel bo-op en die helfte van die kaassous dan daar bo-op.

Herhaal die proses met die ander helfte.

Gooi n bietjie gerasperde kaas en paprika bo-oor.

Bak die lasagne vir 30-40 minute.

Bedien warm met n lekker groen slaai en n lang knoffelbrood.

-- Met erkenning aan Mimi Coertse.