Friday 7 June 2013

Karringmelk-en-kruiebrood





 500 g bruismeel
 2.5 ml sout
 5 ml roosmaryn
 2.5 ml gedroogde origanum
 1 ui, gerasper
 5 ml gekapte knoffel
 250 ml gerasperde kaas
 250 ml karringmelk
 Metode
 Meng al die droe bestanddele deeglik. Voeg die ui, knoffel, gerasperde kaas en karringmelk by en meng dit goed. Smeer 'n broodpan met botter en skep die deeg daarin. Bak dit 1 uur lank in 'n voorverhitte oond by 180 grade.