Friday 7 June 2013

VARKVLEIS-EN-TAMATIEBREDIE MET SPESERYE





2 varkskenkels
30ml olyfolie
4 preie in ringetjies gesny
2 groot wortels gekap
2 knoffelhuisies gekap
2 vars rissies ontpit en gekap
5ml fyn komyn
15ml paprika
5ml fyn koljander
15ml vars tiemie

2 blikke gekapte tamaties
500ml hoender aftreksel
1 blik klein wit-boontjies gedreineer

Gekapte vars koljanderblare om voor te sit

Rys, koeskoes of pasta om voor te sit

Sit die varkskenkels in ‘n kastrol en gooi genoeg water in om dit te bedek.  Verhit dit tot kookpunt.  Laat dit vir een uur prut en gooi dan die water af.

Verhit die olie in ‘n kastrol.  Sorteer die preie, wortel, knoffel en rissie totdat dit sag is.  Voeg die speserye, tiemie, tamatie en aftreksel by en verhit die mengsel tot kookpunt.  Voeg die skenkels by en laat dit vir nog een uur saggies prut.

Skep die skenkels uit die kastrol.  Sny die vet en velaf en gooi weg.  Skeur die vleis in stukkies.  Laat die bredie ‘n rukkie staan en skep dan die vet op die oppervlak af.

Ske die vleis terug in die kastrol en voeg die boontjies by.  Verhit tot deurwarm en geur na smaak.  Roer die koljanderblare by.