Monday 10 June 2013

Idees vir pannekoekvulsel

Ria Strydom
Enige idees vir pannekoekvulsels?

  • Heila Scheepers: ek maak n tuna/maalvleis vulsel en vir nagereg...karamel kondensmelk, peperment aero rol toe en bedien met roomys of room..heerlik.
     
  • Clarissa Grobler: Lewertjies, hoender, maalvleis, aspersie met kaassous, vir nagereg, roomys en kersies of caremel en roomys
     
  • Marisa Lee Korkie: smeer pannekoek met mayonaise of honey en mustard sny dun repies blaarslaai hoender in reppies gesny met tamatie in halfwe skywe sout peper rol op
     
  • Beulah Lassen: Hoender slaaiblare en tamaties o lekker sous Mayo of sweet chilli sousie en bietjie swartpeper ! Daar is so baie Advo ook en piesang met ham en slaai is ook baie lekker ! Lus maak jy my nou!!
     
  • Marieta Jonker: Blikkie tuna - los gemaak, agurkies, tamatie, Kaas - blokkies gesny, meng alles met mayonnaise ( lekker op roosterbrood ook).
     
  • Monica Rossouw Schumann: Die Duitsers eet dit met appelmoes.
     
  • Liza Heydenrych: As julle avo eet smeer pannekoek avo...braai bacon sit op pannekoek dan gooi jy fetta kaas ook in rol op en dit baie baie lekker
     
  • Elna Van Den Berg: Maar jul het my mos nou lelik lus hier vir pannekoek hoor!
     
  • Christina Stienie Breed: Vrugte en roomys vir poeding!!!
     
  • Cecile Lingenfelder Sadler: Fetta en spinasie
     
  • Karen Mare Higgins: Room kaas met ingelegde vye.
     
  • Lizinda Gerber: Biltong en kaassous.
     
  • Ria Strydom: Dankie julle. Ek het toe maalvleisvulsel en roomspinasie gemaak en vir nagereg gekookte kondensmelk met skyfies piesang. Ek gaan al Jul idees neerskryf vir later. Mooi naweek verder.
     
  • Karen Burger Streicher: Die nuutste gier by ons snoepie (skool) is blykbaar melktertvulsel. Dis glo baie lekker.
     
  • Theresa Buitendag: Boeliebeef. Rol pannekoek op. Pak paar pannekoeke in oondvaste skottel. Giet room oor. Rasper kaas oor en bak tot kaas gesmelt is. mmmmm Baie vullend